Nigeriese boere het gebrek aan finansiering

Boere se gebrek aan toegang tot fondse kniehalter die potensiaal van die landbousektor in Nigerië. Dit is die mening van die hoof-ekonoom van Coronation Aksepbank, Chinwe Egwim. Hy sê ‘n beduidende aantal landelike boere gebruik nie ʼn bank nie, wat bydra tot die probleem om fondse te bekom. Volgens Egwim is strukturele uitdagings, insluitende ontoereikende vervoer en versnelde inflasie weens ‘n styging in voedselpryse, ook bydraende faktore. Nigerië het 70,8 miljoen hektaar landbougrond met mielies, kassawe, doerra, patats, gars en rys as die belangrikste gewasse.