DA: Poskantoor is onherstelbaar

Die DA glo die Poskantoor is onherstelbaar en moet gelikwideer word. Volgens die party klink die jongste korrupsieskandaal, waarby twee Poskantoorwerkers, ‘n polisielid en ‘n onderwyser betrokke is, na ‘n swak grap. Daar word beweer hulle het Sassa-toelaes ter waarde van 10,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand gesteel. Die DA-lid, Dianne Kohler-Barnard, sê hierdie is drie beroepe wat Suid-Afrikaners onwrikbaar moet kan vertrou.