Krieket: Proteas se trots is op die spel

Krieket: Dit is net Suid-Afrika se trots wat op die spel is in môre se derde en laaste T20 teen Indië in Indore nadat die gashere die reeks beklink het met ‘n oorwinning met 16 lopies in Guwahati. Dit het gevolg na Indië se oorwinning met agt lopies in die eerste kragmeting. Die Protea-kolwer, David Miller, het ‘n onoorwonne 106 bygedra en ‘n vennootskap van 174 lopies om die derde paaltjie met Quinton de Kock gedeel. Hy sê ondanks die nederlaag, kan hulle moed skep oor hoe hulle teruggeveg het nadat Indië 237 vir drie aangeteken het.