Nigerië: Leerlinge by Moslemskool in Tegina ontvoer

Gewapende aanvallers het gister op ‘n Moslemskool in Tegina in Nigerië toegeslaan en tussen 150 en 200 meisies en seuns ontvoer. Ooggetuies sê die aanvallers het op motorfietse in Tegina aangekom en voor die voet op mense losgebrand, berig internasionale media.