Gigaba weer vandag voor staatskapingskommissie

Die staatskapingskommissie sal vandag Gupta-verwante getuienis deur die gewese Suid-Afrikaanse minister van openbare ondernemings Malusi Gigaba aanhoor. Gigaba het met sy vorige verskynings verlede week ontken dat hy enige sake met die omstrede Guptas gedoen het. Hy het getuig dat hy die Gupta-woning slegs vir sosiale en kulturele redes besoek het. Hy sê hy moes homself van die Guptas distansieer omdat hulle voortdurend met bekende name te koop geloop het, wat hom ongemaklik laat voel het.