Biden plaas druk op Putin oor menseregte

Die Amerikaanse President, Joe Biden, sê hy gaan volgende maand tydens sy ontmoeting met die Russiese President, Vladimir Putin, in Switerland se hoofstad, Genève, druk op hom plaas oor menseregtekwessies. Biden het as nuwe president nuwe sanksies teen Moskou ingestel weens Rusland se rol in die reuse SolarWinds-kuberaanval en voortdurende bemoeienis met verlede jaar se presidentsverkiesing. Biden en Putin sal ‘n reeks sake bespreek, insluitend die doelwit om die betrekkinge tussen die twee lande te herstel.