Niewinsgewende organisasies moet gemeenskappe help

Die Capricorn-stigting en die Lithon-stigting het ‘n aanlyn slypskool vir niewinsgewende organisasies aangebied. Die landskap is besig om te verander vir niewinsgewende organisasies wat hul strategieë moet verander om volhoubaarheid in die toekoms te verseker. Marlize Horn, die waarnemende hoof van die Capricorn-stigting sê die organisasies moet steeds fondse insamel om belangrike werk in gemeenskappe te doen.