Betogings gaan voort in Eswatini

Groepe ten gunste van demokrasie eis ‘n einde aan die monargie en die begin van ‘n demokratiese bestel in die klein koninkryk, Eswatini, en sê hulle sal voortgaan met betogings tot koning Mswati die Derde na hulle luister. Veiligheidsmagte se hardhandige optrede het daartoe gelei dat die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap ‘n sending na Eswatini gestuur het in ‘n poging om ‘n oplossing te vind. ‘n Woordvoerder van die Swaziland Kommunistiese Party, Pius Vilakati, sê die betogers sal nie afgeskrik word deur die polisie en weermag se wreedheid nie.