Nieu-Seeland betoging teen inentings groei

Die aantal betogers buite die Nieu-Seelandse parlement het Vrydag tot byna 1 500 gestyg. Die polisie het hulle pogings verminder om teen-inentingsbetogers te verwyder wat die vorige dag by gewelddadige skermutselings betrokke was. Dit is verpligtend in Nieu-Seeland vir mense wat in onder meer die gesondheid-, wetstoepassings- en verdedigingsektore werk, om teen Covid-19 ingeënt te wees, en diegene wat weier, word afgedank. Inentingsbewyse moet ook getoon word om restaurante te betree en sportbyeenkomste en godsdienstige byeenkomste by te woon.