Nieu-Seeland begin opruimingswerk na erge vloed in Auckland

Owerhede in Nieu-Seeland se grootste stad, Auckland, het vandag met skoonmaak operasies begin nadat stortreën kitsvloede en ontruimings meegebring het. Ten minste twee mense is dood en twee word vermis. ’n Noodtoestand is steeds in plek in die stad van 1,6 miljoen mense op Nieu-Seeland se noordeiland. Eerste minister Chris Hipkins, het die stad besoek en sê die vlakke van vewoesting is aansienlik. Die stad het omtrent sy hele hoeveelheid somerreën in een dag ontvang.