Dieretuin in Finland moet pandabere teruggee aan China, daar’s nie geld nie

Die Ahtari-dieretuin in Finland sê hy berei voor om twee reusepandas aan China terug te besorg aangesien hy nie meer hul onderhoud kan bekostig nie. Die pandabere, Lumi en Pyry, is in Januarie 2018 na Finland gebring, nege maande nadat die Chinese President Xi Jinping die land besoek het en ‘n gesamentlike ooreenkoms onderteken het oor die beskerming van die diere. Die dieretuin sê in plaas daarvan dat die pandabere mense sou lok, het die Covid-inperkings hom met ‘n hoop skuld gelaat. Finland se regering, wat eenmalige steun van 200 000 euro in 2021 gegee het, het ‘n aansoek vir ‘n toelaag van 5 miljoen euro van die hand gewys. Die besluit het gekom nadat sommige parlementslede daarop gewys het dat die bedrag hoër is as wat die land jaarliks bestee aan die beskerming van van sy eie bedreigde spesies.