Nog reaksie op aktivis Maseko se dood in Eswatini

Die Kommunistiese Party van Eswatini veroordeel die skietery op twee betogers tydens ‘n optog om geregtigheid te eis vir die vermoorde menseregteprokureur, Thulani Maseko, by die polisiehoofkwartier in Manzini, Eswatini. Twee aktiviste, Mhlonishwa Mtsetfwa en Sibusiso Vilakati, is gister gewond. Die party se internasionale sekretaris, Pius Vilakati, sê die wrede aanvalle op vreedsame en ongewapende betogers deur die Mswati-outokrasie is dade van desperaatheid om aan mag vas te klou en Eswatini as Afrika se laaste absolute monargie te probeer handhaaf: