Nienaber gesels oor sy Pro-Am-titel

Wilco Nienaber van Suid-Afrika het die Dimension Data Pro-Am-titel gewen nadat hy die Sweed, Henric Sturehed op die derde uitspeelputjie by die Fancourt Buiteklub in die Wes-Kaap geklop het. Dit is sy eerste beroepstitel. Die ses-miljoen-rand Dimension Data Pro-Am was die laaste van die drie toernooie wat deel is van die Sonskyntoer en die Europese Uitdaagtoernooi se gesamentlike Suid-Afrikaanse reeks. Nienaber sê die oorwinning is spesiaal en belangrik vir sy loopbaan: