Sinus, verkoue, Covid – simptome kan nie onderskei word nie

Volgens mediese kenners is dit op die oomblik redelik ingewikkeld om te kan bepaal of iemand net sinus, ‘n verkoue of wel Covid-19 onderlede het. Volgens Dr Willie Bruwer, ‘n bekende pulmonoloog in Windhoek is die beste manier om die nodige toetse te laat doen.

Hy het ook ouers gemaan om daarop bedag te wees as hulle kinders enige simptome wat dalk met Covid-19 verband hou toon.