Aanval in Dunedin nie terreur nie

Nieu-Seeland se premier, Jacinda Ardern, sê daar is geen bewyse dat ‘n steekvoorval wat by ‘n supermark in Dunedin plaasgevind het, ‘n terreuraanval is nie. Vyf mense is in die voorval beseer en drie van hulle is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal. Een persoon is in hegtenis geneem. Ardern sê werknemers en kliënte van die supermark is onder die beseerdes: