Nienaber fokus nou op Saterdag se eerste toets

Rugby: Die Springbokke se afrigter, Jacques Nienaber is erg teleurgesteld in die nederlaag van 17-14 wat Suid-Afrika se A-span gister teen die Bulle in die Kaapstad-stadion gely het. Die SA-A-span, waaraan verskeie veranderings aangebring is, kon nie hulle sterk vertoning teen die Britse en Ierse Leeus Woensdagaand voortsit nie, toe hulle die besoekers met 17-13 geklop het. Nienaber sê die Bokke het hulle visier nou op Saterdag se eerste toets in Kaapstad gerig.