Advokaat Vekuii Rukoro word vandag begrawe

Die opperhoof van die Ovaherero Advokaat Vekuii Rukoro word vandag ter ruste gelê by die Ovaherero heiligdom op Okahandja. Sy roudiens is aangepas en sal eers vanoggend by Omutukururu by Coblenz in die Otjozondjupa-streek plaasvind. Saterdag is daar aanlyn hulde aan hom gebring en boodskappe het van sover as Kanada en die VSA gekom.