Niemand het Rusland bedreig nie, Rusland het alles veroorsaak – Biden

Die Amerikaanse President Joe Biden sê Rusland se inval in Oekraïne is ‘n skaamtelose skending van die kernbeginsels van die Verenigde Nasies se handves. Rusland se President Vladimir Putin het aangekondig militêre reserviste gaan na Oekraïne gestuur word terwyl Moskou se magte gedeeltelik gemobiliseer word. Na Putin se dreigement dat hy sy kernwapens sal ontplooi as sy land bedreig word sê Biden niemand het Rusland enigsins bedreig nie en Rusland het self die oorlog begin. 

Hy het alle nasies by die Verenigde Nasies se nasionale vergadering aangemoedig om verdediging te versterk ná Putin se dreigemente teen die Weste: