Ngungula bly – brandstof-smokkelaars

Smokkelaars van Angolese brandstof in die Noorde hou voet by stuk dat hulle nie die praktyk sal staak nie omdat dit op die oomblik kos op die tafel sit. Plaaslike berigte lui dat van hulle meen hulle sê dit is die eerste keer in ‘n lang tyd wat hulle geld verdien. Daar word berig dat hulle lede van die polisie met pangas, messe of klippe bestook wanneer hulle probeer om die brandstof af te neem. Die brandstof word ngungula in die Noorde genoem, wat van die woord okungungula afkomstig is. Die woord beteken om te draf teen ‘n stabiele tempo. Dit word so genoem omdat handelaars in bosse en meer wegkruip en uitgedraf kom met hulle kannetjies wanneer hulle kliënte gewaar. Die handel is ‘n groot kopseer vir owerhede.