DA is weer vandag op Phala Phala in parlement

Die DA sal vandag ‘n debat lei oor die rol wat die Parlement speel om President Cyril Ramaphosa en verskeie staatsinstellings aanspreeklik te hou vir die beweerde diefstal op sy plaas Phala Phala. Die DA-hoofsweep, Siviwe Gwarube, sê alle parlementslede sal volgende week kan stem oor of staatsinstellings en kabinetsministers wat na bewering gebruik is om die diefstal toe te smeer, ondersoek moet word of nie: