Niemand beseer in noodlanding van vliegtuig naby Hochfeld

Die direkteur van die direktoraat van vliegtuigongeluk-ondersoeke in die Namibiese vervoerministerie, kaptein Magnus Abraham het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig ‘n private vliegtuig moes ‘n noodlanding op die distrikspad tussen Hochfeld en Otjozondo in die Otjozondjupa-streek uitvoer. Die enjin van die vliegtuig het glo gestaak en die twee insittendes is ongedeerd. Abraham sê dit was ‘n opleidingsvlug.