SA onderwysers moet skoon misdaadrekords hê  

Die departement van basiese onderwys in die buurland sê hy werk aan ‘n strategie om te verseker alle opvoeders wat in skole aangestel word, het ‘n skoon misdaadrekord. Dit volg nadat TPN Kredietburo ‘n opname bekend gestel het wat toon daar is ‘n toename in onderwysers met misdaadrekords en wat versuim om hul misdaad-status te verklaar wanneer hulle aansoek doen vir poste. Die departement se woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê kommer bestaan dat dit probleme in die stelsel kan veroorsaak.