Kaapstadse metropolisie versterk opleiding van vrywilligers

Die Kaapstadse burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die stad se metropolisie-kollege bied nagskool-opleiding aan vir wetstoepassings-vrywilligers. Dit is om deelnemers toe te rus met kennis en spesifieke vaardighede in misdaadvoorkoming. Die departement bied die waardevolle opleidingsprogram saans aan, omdat vrywilligers bedags werk. Hill-Lewis sê sedert die aanvang van die program het 400 vrywilligers die opleiding met welslae voltooi.