Eskom vergader met vakbonde, waarskuwings oor fase ses…

Eskom het aangekondig hy hou vergaderings met verskeie vakbonde wat werknemers verteenwoordig om oplossings vir die werkers se griewe te vind. Werkers het verlede week onwettig begin staak toe loononderhandelings ‘n dooiepunt bereik het. Die uitvoerende hoof, André de Ruyter, het op ‘n nuuskonferensie ‘n beroep op vakbondleiers gedoen om te verseker dat noodsaaklike dienste nie ontwrig word nie. De Ruyter sê die kragvoorsiener is hoopvol die samesprekings met vakbonde is vrugbaar: