Niehaus beboet, verskyn volgende maand

Die geskorste ANC-lid Carl Niehaus is vrygelaat en ‘n boete van 3 000 Suid-Afrikaanse rand opgelê. Die 61-jarige is in hegtenis geneem weens die oortreding van die Covid-19-inperkingsregulasies nadat hy ‘n byeenkoms van ongeveer 100 mense buite die Estcourt Korrektiewe Sentrum in KwaZulu-Natal gereël het. Dit is die gevangenis waar oudpresident Jacob Zuma tans aangehou word. Niehaus sal op 6 Augustus in die Estcourt Landdroshof verskyn. Polisiewoordvoerder, Vishnu Naidoo, sê byeenkomste is ingevolge die Wet op Rampbestuur nie toelaatbaar nie: