Baie groot uitdagings op Wêreldbevolkingsdag

Wêreldbevolkingsdag word vandag gevier met die wêreldbevolking wat teen 2050 meer as nege miljard mense gaan hê. Sowat 2,5 miljard sal op die Afrikavasteland bly. Biodiversiteit krimp en die afval wat deur miljarde mense gegenereer word, groei geweldig. Die verlies aan biodiversiteit regoor die wêreld is ‘n groot probleem en dit is lewensnoodsaaklik dat dit bewaar word. Teen 2050 sal 68 persent van die wêreldbevolking in stedelike gebiede bly met afval van 3,4 miljard ton wat gestort gaan word. Doeltreffende afvalbestuur en die bewaring van biodiversiteit is noodsaaklik. Dr. Peter Cunningham, ‘n Namibiese ekoloog, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.