Nie net ID vir toegang tot eksamenlokaal nie

Die onderwysministerie het gereageer op ‘n beroep deur Nanso dat maatreëls in verband met toegang tot eksamenlokale verslap word. Nanso het spesifiek gevra dat ID-dokumente laat vaar word. Die uitvoerende direkteur van die ministerie, Sanet Steenkamp sê daar is ander maniere vir leerders om identiteit te bevestig. Sy verduidelik.