Kommer oor veiligheid in SA

Reaksie word ontvang op die skietdood van ‘n 35-jarige man wat deur Suid-Afrikaanse owerhede beskryf word as ‘n Boko Haram-bendelid. Die man is in ‘n tipe sluipmoord aanval in sy motor op die N4 naby Pretoria doodgeskiet vanuit ‘n ander motor. Boko Haram is ‘n erkende terreurorganisasie wat in Nigerië bedrywig is. Die politieke ontleder, professor Andre Duvenhage sê hy het groot kommer oor die veiligheidsituasie in Suid-Afrika…