Nie alle Zimbabwiërs is verheug oor nuwe parlementsgebou

Zimbabwiese President Emmerson Mnangagwa het China geprys vir die befondsing en bou van die land se nuwe parlementsgebou, geleë in Mount Hampden aan die buitewyke van die hoofstad Harare. Die gebou is ten volle deur China befonds. Aan die ander kant is sommige Zimbabwiërs van mening dat die geld gebruik kan word om ander kwessies soos armoede en werkloosheid aan te pak. Armoede raak vanaf 2020 76,3 persent van Zimbabwiese kinders wat in landelike gebiede woon. Die helfte van Zimbabwe se mense leef onder die voedsel-armoedelyn en sowat 3,5 miljoen kinders is chronies honger. Eddie Cross, ‘n ekonoom in Zimbabwe, gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.