Noodtoestand oor veldbrande in Kalifornië afgekondig

‘n Noodtoestand is in Kalifornië afgekondig terwyl veldbrande steeds vinnig versprei naby die Yosemite Nasionale Park. Die sogenaamde Oak-brand het sedert dit Vrydag begin het dramaties groter geword maar brandbestryders kon dit  24 uur later nog steeds nie onder bedwang bring nie. Meer as 3 000 mense is ontruim en tien huise is vernietig. Volgens die Kaliforniese departement van bosbou en brandbeskerming het die brand reeds 4 815 hektaar plantegroei vernietig, wat dit tans die grootste aktiewe veldbrand in Amerika maak.