Boere in Dordabis-omgewing hoop veldbrande bly weg

Boere in die Dordabis-omgewing leef tans sonder enige groot uitdagings van veldbrande in vergelyking met die vorige jaar. Verlede jaar het baie boere skade gely weens veldbrande wat gelei het die verlies van duisende hektaar weiding, eiendom, vee en wild. Iris Stehn, ‘n boer in die Dordabis-omgewing, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle hoop dat hulle nie weer verlede jaar se erge veldbrande sal beleef nie.