Nida kan nie medies vir 128 personeel betaal nie, voordele opgeskort

Personeel by die Namibiese Industriële Ontwikkelingsagentskap, Nida, is vir ‘n derde keer die jaar sonder enige mediese voordele gelaat omdat Nida nie die bydraes kon betaal nie. Plaaslike media berig dat Nida ‘n maand se bydraes, ongeveer 700 000 Namibiese dollar, skuld. Dus is die voordele van 65 aktiewe lede en 63 pensioenarisse opgeskort. Daar is 128 lede van ‘n ander mediese fonds en alhoewel daar ook agterstallige bedrae is, is die lede steeds gedek. Intussen het Mihe Gaomab, uitvoerende hoof van Nida, aan plaaslike media bevestig dat hulle hard aan die werk is om die uitdagings met kontantvloei aan te spreek. Nida is in 2018 gestig en het die voormalige Namibië Ontwikkelingskorporasie, die NDC, vervang. Dit val onder die ministerie van nywerheid en handel.