Okahandja se dienste in chaos gedompel

Die Okahandja-munisipaliteit is in ‘n benarde toestand aangesien daar steeds misverstande en voortgesette binnegevegte is waaronder dienslewering ly. Charl Coetzee van die Belastingbetalersvereniging, Orpa, sê inwoners kry nie antwoorde van die munisipaliteit nie. Hy sê die vete tussen Okahandja-dorpsraadslede raak die implementering van talle besluite wat deur die raad geneem is.

Watervoorsiening op die dorp is ook maar bedroef en Coetzee het ook die kwessie van stukkende vullislorries aangeraak.