Finale eksamens het reeds by skole begin

Namibiese senior skoolleerders is tans besig met hul finale mondelinge eksamens en sal binnekort hul eksamenvraestelle begin skryf. Die onderwysministerie het ook verseker dat streng veiligheidsmaatreëls in plek is om die uitlek van eksamenvraestelle te voorkom, soos wat die verlede jaar gebeur het. Edda Bohn, die adjunk-uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, doen ‘n beroep op ouers om te verseker dat hul kinders genoeg tyd kry om te studeer en behoorlik vir hul eksamens kan voorberei.