Nictus se syfers vertoon uiters goed

Die Namibiese maatskappy Nictus Holdings se bedryfswins vir die 15 maande geëindig 30 Junie 2022 het met 85 persent gestyg vergeleke met die 12 maande geëindig 31 Maart 2021. Die groep het ‘n bedryfswins van nagenoeg 55,6 miljoen Namibiese dollar vir die tydperk onder oorsig gerapporteer, ‘n toename van byna 25,6 miljoen dollar vergeleke met sy vorige boekjaar. Nictus se wins na belasting was sowat 42,8 miljoen dollar, ’n sprong van 136 persent vanaf sy 2021-boekjaar. Nictus is op die Namibiese aandelebeurs genoteer.