NHE sê hy doen wat hy kan vir beter behuising

Die behuisingskrisis in Namibië is ondersoek in die tweede uitgawe van Sanlam se Brief-sessies, wat in samewerking met die aanlyn digitale besigheidsplatform, The Brief, gehou is. Die persentasie mense wat in plakkershutte woon, het toegeneem van 3 persent by onafhanklikheid tot meer as 40 persent tans. Mutonga Matali, die bestuurder van korporatiewe kommunikasie en bemarking by die Nasionale Behuisingsonderneming, NHE, sê hulle doen alles van hulle kant af om die behuisingsprobleem te bekamp.