Landbou moet aanpas meen kenner

Verbruikers het oor die afgelope paar jaar, en ook sedert die begin van die pandemie, talle gewoontes verander en aangepas en druk neem toe op produsente en vervaardigers om aan sekere standaarde te voldoen. Die jongste navorsing toon dat verbruikers wil weet waar die produk verbou of vervaardig is, wat sy presiese inhoud is, en wat die volhoubaarheid van die produksie metodes is. Verpakking word ook al hoe meer belangrik. Dr Frikkie Maré, Landbou Ekonoom en Senior Dosent aan die Universiteit van die Vrystaat meen landbou sal inherent sy aanslag moet verander.