Nghipunya weer vandag in die hof, probeer steeds om borg te kry

Die voormalige hoof van Fishcor en Fishrot-beskuldigde Mike Nghipunya se aansoek in die hoërhof om sekere bepalings in die strafregtelike wetgewing te verwyder is vandag weer voor regter Thomas Masuku. Die aansoek is as dringend gebring maar, word nou verhoor soos ‘n standaard saak. Volgens Nghipunya se stukke is die bepalings wat verdagtes in aanhouding hou voor hulle verhoor of selfs vonnis, teen die bepalings van die Grondwet. Hy vra die hof dat sou daar beslis word dat die hof hom eerder sal wend aan die bepalings van artikel 25 van die Grondwet en die bepalings van die wetgewing ter syde sal stel, dan moet hy onmiddellik op borg vrygelaat word. Die staat staan die aansoek teen. Stukke is reeds deur die partye ingedien en regter Masuku sal na verwagting vandag datums vir die verhoor bepaal.