Wêreldbank staak alles in Sudan

Die Wêreldbank het uitbetalings by al sy bedrywighede in Sudan gestaak en alle nuwe bedrywighede opgehef terwyl hy die situasie in die land fyn dophou. Dit volg na die Sudanese weermag ‘n staatsgreep teen die burgerlike regering uitgevoer het. Die president van die Wêreldbank, David Malpass, sê hy is erg bekommerd oor onlangse gebeure in Sudan en vrees die dramatiese impak wat dit op die land se maatskaplike ekonomiese herstel en ontwikkeling kan hê. Hy sê ook hy hoop vrede en die integriteit van die oorgangsproses sal herstel word.