Ngcobo sien uit na sewes-uitdaging

Die pasaangestelde Springbok-sewesafrigter, Sandile Ngcobo, sê hy sien uit na hierdie nuwe geleentheid saam met sy hulpafrigter, Philip Snyman. Die twee was deel van die groep wat twee agtereenvolgende Wêreldreeks-titels in 2017 en 2018 gewen het. Snyman het die Blitsbokke in albei seisoene aangevoer. Ngcobo wat by Neil Powell oorneem, sê hy is ten volle gereed vir die druk wat met die pos gepaard gaan: