Cele moet erken afwenteling van SAPD is noodsaaklik

Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagan Allen, wil hê die polisieminister, Bheki Cele, moet erken ‘n afwenteling van die SAPD is noodsaaklik. Hy het gereageer nadat Cele die misdaadstatistiek bekend gemaak het en onthul het Nyanga is die nommer-een polisiestasie in die land vir kontakmisdade. Allen sê die minister het versuim om te noem sedert die ingryping van beamptes van die provinsie se Wetstoepassingsbevorderingsplan in die gebied, is dit nie meer die land se moordhoofstad nie: