Massagraf met 440 liggame in Izyum gevind

Amptenare in Oekraïne gaan na verwagting vandag begin om sowat 440 liggame in ‘n massagraf in die noordoostelike stad Izyum op te grawe. Die terrein is ontdek enkele dae nadat die stad terug geneem is by Russiese magte wat dit beset het. Volgens berigte is daar tientalle volwassenes en kinders onder dié wat in individuele grafte begrawe is en vermoedelik dood is in ‘n Russiese lugaanval op ‘n woonstelgebou. Moskou het herhaaldelik ontken dat sy magte burgerlikes aanval of oorlogsmisdade in Oekraïne pleeg.