Ngcobo betreur powere Blitsbok-vertoning

Die Springbok-sewes se afrigter, Sandile Ngcobo, het erken die span het nie die naweek in Hongkong sy beste gelewer nie. Suid-Afrika kon net een van hulle vyf wedstryde wen. Australië is as kampioene gekroon nadat hulle Fidji met 20-17 verslaan en daarmee dié span se oorheersing beëindig het nadat hulle die laaste vyf titels in Hongkong gebuit het. Ngcobo sê verspeelde kanse het grootliks bygedra tot die Blitsbokke se powere vertoning: