Honderde olifante vrek in Kenia weens droogte

Meer as 200 olifante in Kenia is reeds sedert Februarie dood, weens ‘n voortslepende droogte. Die land se minister van Toerisme, Peninah Malonza, sê Kenia gaan gebuk onder die ergste droogte in 40 jaar. Malonza sê ander wildsoorte, insluitend honderde zebras, 50 wildebeeste en 12 kameelperde het weens ‘n tekort aan weiding en water gevrek. Kenia se weerdiens het ondergemiddelde reënval vir die komende maande voorspel.