Ngavirue wil nie sê oor volksmoord ooreenkoms nie

Die Hoof van Onderhandelings in die Namibiese regering se taakspan oor die 1904 – 1908 volksmoord, Dr. Zed Ngavirue het bevestig dat onderhandelings met Duitse owerhede vlot verloop maar wou nie uitbrei oor berigte dat daar ‘n ooreenkoms is in verband met ‘n bedrag nie. Die regering eis ‘n kontant betaling vir reparasies en het ‘n vroeër aanbod wat volgens berigte opwaarts aangepas is, van die hand gewys. Die Ovaherero- en Namagemeenskappe sê volgens berigte hulle is uitgelaat uit die gesprekke. Ngavirue sê hy moet eers met President Hage Geingob en die Minister van Internasionale Betrekkinge Netumbo Nandi-Ndaitwah in gesprek tree oor die jongste. Duitse media het oor die naweek berig dat ‘n ooreenkoms oor ongeveer 2 weke tussen die twee land onderteken sal word en die Duitse President Frank-Walter Steinmeier amptelik om verskoning in die Nasionale Vergadering sal vra.