Ongeveer 50 000 Namibiërs reeds geënt

Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr. Kalumbi Shangula het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik wat die prosedure is as mens jou teen Covid-19 wil laat inent. Volgens hom word verskillende entstowwe in die land gebruik, en meer as 50 000 mense is reeds ingeënt.