40% van meisies beleef geweld

‘n Ondersoek toon dat in 2019, het 39,6 persent van meisies en 4,5 persent van seuns in Namibië een of ander vorm van geweld beleef. Die Direkteur van Kinderwelsyn in die Ministerie van Geslagsgelykheid en Kinderbeskerming Helena Andjamba sê die navorsing toon dat die meerderheid kinders onderworpe is aan emosionele geweld met amper 40 persent van die meisies en 30 persent van die seuns wat melding gemaak het hiervan. Amper 12 persent van meisies het seksuele geweld beleef en die mees algemene plek waar die dade plaasgevind het was of by die skool, of by die huis. Dertig persent van die oortreders is familielede. Andjamba sê die regsraamwerk wat sielkundige en emosionele ondersteuning, sowel as mediese dienste insluit, moet beter benut word.