Ngavirue ter ruste gelê, Kerina-familie oorweeg nog opsies


Die familie van professor Mburumba Kerina sê hulle oorweeg nog opsies nadat sy begrafnis by die Helde-akker in Okahandja, wat Sondag sou plaasvind, ter elfder uur uitgestel is. Die Ovaherero tradisionele owerheid het ‘n dringende hofaansoek gebring om halt te roep omdat die Helde-akker alleenlik vir Ovaherero opperhoofde beskikbaar is. Intussen word dr. Zed Ngavirue vanoggend op Okakarara begrawe. President Hage Geingob sal die begrafnis bywoon. In sy toespraak wat Maandag deur sy adjunk, Nangolo Mbumba gelewer is het Geingob beskryf as ‘n kampvegter vir Namibië wat altyd eerste gedryf was vir sy liefde vir sy land.