Nam voer amper drie keer die hoeveelheid krag in as wat hy opwek

Namibië het in Mei vanjaar net meer as 95 000 megawatt-ure se elektrisiteit opgewek en het in dieselfde maand net meer as 251 000 megawatt-ure se elektrisiteit ingevoer. Luidens berigte was daar ‘n beduidende afname in die land se kapasiteit om krag op te wek tydens Mei vanjaar. Die Namibiese Statistieke Agentskap sê het plaaslike produksie in April vanjaar met 0,3 persent om ‘n maandgrondslag gedaal en met 59,5 persent op ‘n jaargrondslag gemeet. Die oorsaak is wispelturige reënval in die noordweste wat die Ruacana kragstasie se opwekkingsvermoë met amper 69 persent verminder het.