Nganate sê boere verwerp ook plaaslike ontwikkelings

Die Suid-Afrikaanse landbou-departement het ‘n beroep op boere gedoen om nie ontwikkelingsgeleenthede op hul eiendomme te kniehalter nie. Die adjunkminister, Mcebisi Skwatsha het tydens die oorhandiging van 35 huise aan plaasbewoners in Mpumalanga gesê boere moet die regte van bewoners respekteer. Pijoo Nganate, die goewerneur van die Omaheke-streek stem saam met Skwatsha. Nganate sê sy streek het dieselfde uitdagings met geoormerkte projekte wat deur boere verwerp word.